COTTONLANDS, KZN. – ‘n Kleuter (2) het ‘n kort rukkie gelede in ‘n poel water wat weens ‘n foutiewe dreineringspyp opgedam het, verdrink.
Reaction Unit South Africa sê hulle is vir hulp deur ‘n raadslid ontbied en met aankoms op die toneel het gemeenskapslede die kind reeds uit die water gehaal.
Rusa-paramedici het hom dood verklaar.
Na bewering was beide sy ouers by hul werksplekke en hy het met maats gespeel. Sy liggaam is tydens ‘n soektog in die poel water gevind.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



