Plaasaanval – vrou dankbaar sy lewe

Deel hierdie storie / Share this story

WAARSKUWING!: Foto’s in berig nié vir sensitiewe lesers nie.

DORSET, LIMPOPO. – Janet Prinsloo (54), ‘n slagoffer van ‘n plaasaanval wat op Woensdag 23 Augustus 2023 omstreeks 17:15 plaasgevind het, het twee dae gelede die brutale aanval op haar Facebook-blad bevestig. Sy is met ‘n koevoet geslaan.

Prinsloo het vir FiND iT gesê sy wil so graag help dat niemand ooit weer deur so iets moet gaan nie.

In haar eie woorde op sosiale media: “Sowaar Aangeval…Farm attack…EK LEWE…ALLE EER AAN ONS KONING JESUS…. Dankie aan elke persoon wat my Kom help het..ek LIEF Julle almal sooo baie ”

Kol. Malesela Ledwaba sê Prinsloo is na bewering met haar tuiskoms deur verdagtes oorrompel. Sy is met ‘n voorwerp in die gesig geslaan, waarna sy vasgebind en daar geld in die huis van haar geëis is.

Nadat die booswigte nie kon geld buit nie, het hulle glo met twee selfone, ‘n vuurwapen en haar wit Ford Ranger van die toneel gevlug.

Die voertuig is volgens die polisie kilometers van die toneel gevind, waar gesien is hoe twee van die verdagtes, wat steeds gesoek word, uit die voertuig spring en die bosse in hardloop.

‘n Gesteelde vuurwapen wat aan Prinsloo se oorlede pa behoort het, is langs die voertuig gevind.

Ledwaba sê Dorset-polisie in die Waterberg-distrik ondersoek ‘n saak van huisroof.

Enigiemand met inligting kan kol. Simon Mohale by 071 479 2329 bel.

Foto’s Janet Prinsloo

Bron: Janet Prinsloo

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel