CALEDON, WES-KAAP. – Twee bejaarde vroue, Selma Katz (86) en Renee, ook in haar 80’s, wat al vir 62 jaar beste vriendinne is, is saam op die plaas Klein Sandfontein aangeval.
Beverli Katz het op Donderdag 24 Augustus 2023 ‘n Facebook-plasing gemaak waarin sy bevestig haar familie is nou ‘n deel van plaasaanval-statistieke, maar gelukkig nie van plaasmoord-statistieke nie.
Beverli, wat die ondervinding op Woensdag 23 Augustus as traumaties beskryf, sê die situasie kon anders uitgedraai het, daarom moet waarde aan familie en vriende geheg word.
“Tell them you love them. You never know…. In SA today, every day is a precious gift.”
Volgens haar het almal op die plaas tweerigtingradio’s vir kommunikasie en was hulle binne twee minute vandat hulle van die aanval bewus geword het, by haar ma se huis.
Omstreeks 20:30 het haar seun kontak gemaak: “Imagine you hear this call from your son at roughly 20:30, “Mom, everybody, come quickly, Granny and Aunty Renee have been attacked…Come quickly!!”
By haar ma se huis het sy die gang af gehardloop en haar ma wat amper (87) is, gevind waar sy bloeiend en bewusteloos op die vloer lê. Die bejaarde vriendinne is deur drie mans in hulle beddens in hulle onderskeie slaapkamers verras, aangerand en vasgebind. Die huis is geplunder.
Beverli beskryf: ” They bound my Mom with her torn up sheets, they tied her fragile hands with cell-phone chargers behind her back, they tied her feet so tightly and gagged her, then threw her off the bed while they got busy ransacking my Aunty’s room, tying her up too in the next room.”
Beverli sê selfs haar ma se skoene en ‘n trouring is gesteel. Televisiestelle is van die mure af gepluk en die verdagtes is weg met soveel items as wat hulle kon dra.
“These are all material things that can be replaced (except her wedding ring) and mean nothing. We still have our Mother and Aunty.”
Na die traumatiese gebeure is daar egter dankbaarheid dat die twee bejaarde vroue se lewens na 62 jaar van vriendskap gespaar is. Beverli het almal, inlsuitend die polisie, Agri Patrol, Caledon-nooddienste en die personeel van Hermanus Medi-Clinic bedank vir bystand en hulp.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



