Lees ook: Senzo Meyiwa se broer sê beskuldigdes is onskuldig
DUNDONALD, MPUMALANGA. – Sewe mense is vroeg gisteroggend by ‘n taverne tydens ‘n roof geskiet.
Drie verdagtes het glo 04:00 by die taverne ingegaan en vuurwapens op die aanwesiges gerig en hulle begin beroof. Hulle het onsuksesvol probeer om geld by die kroegman te kry en het van die DJ se toerusting gesteel. Hulle het toe op mense begin skiet en gevlug.
Sewe mense is raakgeskiet. Twee is op die toneel dood en een is op pad na ‘n kliniek oorlede. Vier mense is na ‘n hospitaal geneem, van wie twee dadelik ontslaan is.
Die polisie ondersoek sake van moord, poging tot moord en sakeroof.
Bronne: IOL, Briefly, News24
Lees ook: Senzo Meyiwa se broer sê beskuldigdes is onskuldig



