Lees ook: Babita Deokaran vermoor want sy het “probleme veroorsaak by die werk’
Een van die mans na bewering betrokke in die moord op Babita Deokaran is maande na haar moord doodgeskiet.
Mpungose, ‘n beweerde verdagte in die moord op Deokaran, is vier maande na haar moord doodgeskiet in Germiston in ‘n beweerde stryery tussen taxi-eienaars.
Die ses verdagtes wat verlede week skuldig gepleit het op Deokaran se moord het name genoem van mense betrokke in die saak. Mpungose se naam was een van dié wat genoem is. Die verdagtes is tronkstrafvonnisse van tussen ses en 22 jaar opgelê ná ‘n pleitooreenkoms met die staat.
Die soektog na die ander verdagtes wie se name genoem is, duur voort.
Bronne: The Citizen, EWN, IOL
Lees ook: Babita Deokaran vermoor want sy het “probleme veroorsaak by die werk’



