Lees ook: Ses beskuldigdes in Babita Deokaran-saak pleit skuldig
JOHANNESBURG. – Die ses mans skuldig aan die moord op Babita Deokaran het gister erken sy is vermoor, want sy het “probleme veroorsaak by die werk”.
Die ses mans het skuldig gepleit vir haar moord en is na ‘n ooreenkoms met die staat tussen 6 en 22 jaar tronkstraf gevonnis.
Beskuldigde een, Phakamani Hadebe, is deur ’n persoon geïdentifiseer as Khanyisani Mpungose genader in die weke voor Deokaran se dood. Mpungose het vir hom gesê Deokaran is “’n probleem” en het “probleme veroorsaak by die werk” en hy moet “iets doen” omtrent haar. Dit is duidelik gemaak Mpungose het ter wille van iemand anders die reëlings getref.
Hadebe het die res van die beskuldigdes genader en hulle Mpunglose en nog ‘n onbekende man het Deokaran vermoor.
Mpungose en die ander man was die skieters, maar die beskuldigdes het erken hulle het saamgewerk en hulle is skuldig bevind met dolus eventualis as die vorm van intent.
Bronne: EWN, Head Topics, News24
Lees ook: Ses beskuldigdes in Babita Deokaran-saak pleit skuldig



