BELGATE, KZN. – ‘n Man (22) het Saterdag 26 Augustus 2023 in die vroeë oggendure tydens ‘n hoëspoedjaagtog met sy Mercedes-Benz tydens ‘n botsing met ‘n lamppaal in ‘n erf tot stilstand gekom nadat ‘n kettingreaksie veroorsaak is.
Reaction Unit South Africa sê die bestuurder wat teen ‘n hoë snelheid gery het, het glo beheer verloor en in ‘n lamppaal vasgery. Die voertuig is daarna teen ‘n wal uit en deur ‘n erf en het op sy sy in nog ‘n erf te lande gekom.
Alhoewel die voertuig erge skade opgedoen het, is die bestuurder slegs gering beseer..
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



