Lees ook: Vuurwapen in Senzo Meyiwa-saak ‘moes vernietig word’ hoor hof
PRETORIA. – Die sokkerster Senzo Meyiwa se broer, Sifiso, beweer die beskuldigdes in sy moordsaak is onskuldig. Sifiso het gesê hy dink die polisie smeer die saak toe ten gunste van die mense wat regtig vir Senzo vermoor het.
Sifiso het gesê hy het van die begin af gesê die vyf beskuldigdes is onskuldig en weet nie enigiets nie. “Dis wat ‘n argument tussen my en adv. Gerrie Nel veroorsaak het. Ek het hom gesê hierdie mense is onskuldig.”
Sifiso het voorts gesê hy het besluit om nie meer met hulle saam te werk nie, want hulle wil hom nie glo nie. Hy beweer die ondersoekbeampte, brig. Bongani Gininda, het die beskuldigdes in hegtenis geneem, want hy het “die verklaring gesteel”. Sifiso beweer verder hulle is geld belowe en hulle families sal daaroor getuig.
Senzo Meyiwa is in 2014 in Kelly Khumalo se huis in Vosloorus in ‘n beweerde roof doodgeskiet. Die verhoor van die vyf mans beskuldig van sy moord is tans aan die gang.
Bronne: eNCA, Briefly, SABC
Lees ook: Vuurwapen in Senzo Meyiwa-saak ‘moes vernietig word’ hoor hof



