Lees ook: Verdediging soek ‘siek’ polisiebeampte weer in getuienisbank in Senzo Meyiwa-saak
PRETORIA. – ‘n Vuurwapen wat in die besit van beskuldigde nommer 3 in die Senzo Meyiwa-saak gevind is moes vernietig word.
Bonginkosi Mtshali, ‘n polisiebeampte wat in die bewysstooreenheid in Johannesburg werk, het gister getuig oor ‘n instruksie wat gegee is oor ‘n vuurwapen in die Senzo Meyiwa-saak. Mtshali het getuig hulle het in 2017 instruksies ontvang om die vuurwapen wat by Mthobisi Mncube afgevat is tydens sy in hegtenisneming in ‘n ander saak te vernietig.
Mtshali het gesê dit het weens verskeie vertragings, insluitend ‘n vermiste reeksnommer, nie gebeur nie. Dieselfde wapen is in 2020 deur die ondersoekbeampte in die Senzo Meyiwa-saak getoets.
Mtshali sal vandag onder kruisverhoor wees.
Bronne: eNCA, EWN, SABC
Lees ook: Verdediging soek ‘siek’ polisiebeampte weer in getuienisbank in Senzo Meyiwa-saak



