Verdediging soek ‘siek’ polisiebeampte weer in getuienisbank in Senzo Meyiwa-saak

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Geen vingerafdrukke gevind op deur gebruik deur beweerde moordenaars in Senzo Meyiwa-saak

PRETORIA. – Die verdediging in die Senzo Meyiwa-moordverhoor wil weer die polisiebeampte Thabo Mosia ondervra om duidelikheid te kry oor teenstrydighede in sy getuienis en notaboek.

Kol. Sikheto Ngomana, wat verantwoordelik was vir die onderhou van registers by die Vosloorus-polisiestasie, het gister deur Mosia se notaboek gegaan.

Mosia was een van die eerste beamptes wat op die moordtoneel in 2014 aangekom het. Ngomana het deur Mosia se nota’s gelees van die dag van die moord en die dag daarna toe hy weer op die toneel was.

Teenstrydighede in die tye wat Mosia gegee het in sy getuienis en wat in sy notaboek staan is opgemerk en regter Ratha Mokgoatlheng het gevra of die verdedgiging Mosia weer wil ondervra.

Twee advokate het gesê hulle wil Mosia vra oor die ander misdaadtonele wat hy die aand van die moord ondersoek het en die feit dat hy gesê het hy het 06:00 teruggekeer na die Meyiwa-moordtoneel maar in die boek staan hy was 10:25 eers weer daar.

Mosia het Maandag sy getuienis klaargemaak deur te sê hy is moeg vir getuig en sy lyf kan dit nie hanteer nie want hy het ‘n chroniese siekte.

Bronne: IOL, EWN, Mail & Guardian

Lees ook: Geen vingerafdrukke gevind op deur gebruik deur beweerde moordenaars in Senzo Meyiwa-saak