Lees ook: Trump se medebeskuldigdes gee hulle oor by Georgia-tronk
GEORGIA, VSA. – Donald Trump is gister amptelik in hegtenis geneem na hy hom aan die owerhede oorhandig het in die Georgia 2020-verkiesingsaak.
Dit het 20-minute gevat om die foto (mugshot) te neem en sy inligting op die stelsel te sit voor hy op borg van $200 000 laat gaan is en teruggekeer het na New Jersey.
Trump en sy 18 medebeskuldigdes het tot vandag 12:00 plaaslike tyd om hulle te oorhandig aan owerhede by die Fulton County gevangenis.
Trump word van 13 aanklagtes, insluitend rampokkery en sameswering om die verkiesing om te keer, aangekla. Die datum vir sy verhoor is nog onbekend.
Trump is in vier kriminele sake betrokke vanaf Maart.
Bronne: iNews, The Guardian, Forbes, The Washington Post
Lees ook: Trump se medebeskuldigdes gee hulle oor by Georgia-tronk



