PHOENIX, KZN. – ‘n Man (20) het Sondagoggend 27 Augustus 2023 met sy voertuig in ‘n kerkgebou in Hannaford-rylaan ingeploeg.
KZNVIP Medics is na die toneel ontbied en sê die bestuurder het glo beheer oor sy motorvoertuig verloor wat deur ‘n heining in die kerkgebou vasgery het.
Niemand was ten tyde van die voorval in die gebou nie. Dit het plaasgevind voor die kerkdiens om 08:00 sou begin. Die man is deur paramedici behandel en daarna van die toneel weggeneem.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



