Roudiens vir afgestorwe blitspatrollielede gehou

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY, NOORD-KAAP. – ‘n Roudiens vir sers. Masilo en konst. Mandindi is Donderdag 24 Augustus 2023 by die Kimberley-polisiegimnasium gehou.

Refilwe Tau sê lt.genl. Koliswa Otola het saam met verskeie hooggeplaaste gaste van die polisie en ander departemente, asook unies, kollegas en families hulde aan die twee oorledenes gebring.

Kapt. Bok, die Blitspatrollie-bevelvoerder, en AO.Grobbelaar, die oorledenes se skofbevelvoerder, het die respek en toewyding van die twee lede van en aan diens beklemtoon en kon nie tydens hulle boodskappe die trane terughou nie. Die twee oorledenes, wat volgens hulle kollegas nooit vergeet sal word nie, is met die hoogste agting beskryf as polisielede wat altyd gereed was om hulle land te dien.

Hulle families het hulle hartseer tydens die roudiens uitgespreek.

Die SAPD sal op die 3de September 2023 tydens ‘n gedenkdiens die name van gestorwe lede op die herinneringsmuur van die SAPD-gedenkterrein by die Uniegebou in Pretoria graveer.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel