Ontbinde liggaam van man in veld gevind

Deel hierdie storie / Share this story

MODDERRIVIER, NOORD-KAAP. – Die liggaam van ‘n onbekende man, wat reeds in ‘n stadium van ontbinding was, is op Vrydag 18 Augutus 2023 deur ‘n herwinningswerker in die veld langs die N12 gevind.

Sers. Molefi Shemani sê die polisie is op soek na die man se naasbestaandes.

Hy was geklee in ‘n blou oorpakbroek, blou langmou T-hemp en wit-en-swart seilskoene. Langs sy liggaam het ‘n wit Adidas-baadjie en ‘n rooi hoed gelê.

Die oorsaak van sy dood sal met behulp van ‘n nadoodse ondersoek vasgestel word.

Enigiemand met inligting van die oorledene kan AO Steenkamp by 082 301 9995 bel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel