‘Onwettige jagters’ in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY, NOORD-KAAP. – Drie mans, onderskeidelik 20, 22 en 30 jaar oud, is Donderdagmiddag 24 Augustus 2023 omstreeks 16:30 vir beweerde onwettige jag by ‘n plaas op die Douglaspad in hegtenis geneem.

Sers. Dikeledi Gopane sê misdaadvoorkomingslede het ‘n klagte oor ‘n dier wat geslag word ontvang, waarna hulle ondersoek ingestel het. Na bewering is die drie mans in besit van vleis, vermoedelik van ‘n koei met ‘n geskatte waarde van R15 000, tesame met messe, byl en ‘n sak, gevind.

Die verdagtes is in hegtenis geneem en vir onwettige jag aangehou. Hulle sal binnekort in die Kimberley-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel