Altesaam 22 ‘gesteelde’ skape ry saam in minibustaxi

Deel hierdie storie / Share this story

DEWETSDORP, VRYSTAAT. – Altesaam 22 vermoedelik gesteelde skape is Woensdag 23 Augustus 2023 omstreeks 03:00 die oggend in ‘n minibustaxi op die R702-pad tussen Dewetsdorp en Bloemfontein aangetref. Vier verdagte persone tussen die ouderdom van 30 en 40 jaar oud is in hegtenis geneem.

Sers. Mahlomola Kareli sê Parkweg-veediefstaleenheid en Bloemfontein-blitspatrollielede het ‘n wenk ontvang en die minibus wat weggejaag het, voorgekeer.

Tydens deursoeking is die ongewone passasiers met ‘n geskatte waarde van R52 000 gevind.

Die verdagtes sal binnekort in die Dewetsdorp-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel