Goedvoelstorie: Polisie help droom van ‘hondeman’ waar maak

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – Banele Dladla (14) in gr. 9 het Donderdag 24 Augustus die geleentheid gehad om vir ‘n dag ‘n hanteerder van ‘n polisiehond te wees.

Die Gauteng- provinsiale polisiekantoor het met Reach For A Dream Foundation, wat terminale siek kinders help om hulle drome te laat waar word, saamgespan om gestalte te gee aan Dladla se droom om eendag, wanneer hy groot is, ‘n polisieman te wees.

Hy het die dag by die provinsiale kantoor deurgebring om te sien hoe ‘n dag in die lewe van ‘n polisieman is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel