Pitbull-teler skuldig bevind op 59 aanklagtes van dieremishandeling

Deel hierdie storie / Share this story

ROODEPOORT. – Altesaam 16 honde is op 15 Augustus 2016 van ‘n pitbull-teler in Roodepoort gered. Die honde was mishandel met merke wat op wreedheid gedui het.

Die eienaar Gershwin Perreira is skuldig bevind op 59 aanklagtes van dieremishandeling. ‘n Vonnis van R8 000 of vier jaar tronkstraf is opgelê met ‘n opgeskorte tronkstrafvonnis van vyf jaar as Perreira nie weer diere in daardie tydperk mishandel nie.

Bronne: IOL, Algoa FM, NSPCA

Lees ook: Vuurwapen in Senzo Meyiwa-saak ‘moes vernietig word’ hoor hof