Indien jy Jen, Jean of Ansie is en jy versprei PDF-boeke – lees hier

Deel hierdie storie / Share this story

Sidney Gilroy, skrywer van onder meer Vlam Middernag en Klikbek, het ‘n boodskap vir persoon (e) wat verkeerd oor die verspreiding van PDF-boeke redeneer en dit sodoende probeer regverdig.

Menige skrywer het sy verduideliking gedeel.

Trouens het skryfster Madelie Human ook ‘n boodskap oor die probleem op Facebook geplaas met WhatsApp-boodskappe van ene “Ansie” aangeheg. Daarin verskyn ‘n hele paar van Human se boeke op ‘n verspreidingslys en word boonop verduidelik in watter volgorde haar boeke gelees moet word.

Die skrywers wil dit by die onwettige delers tuisbring dat hulle wel “stelers” is en indien hulle nie verstaan nie, is die wet ook in die kommentaar geplaas.

Lees Gilroy se boodskap hier onder:

Ag, om vadersnaam. Nee, Jen. Nee, Jean. Skrywers en uitgewers moet nie “hulle huiswerk eers gaan doen voor hulle begin oordeel” nie.

Dalk is wiskunde nie julle sterk punt nie, so ek sal dit WEER verduidelik:

✅1 x Boek gekoop deur individu = 1 Leser = 1 betaling aan uitgewer

✅1 x Boek gekoop deur biblioteek = 1 leser OP ‘n SLAG = 1 betaling aan uitgewer

✅1 x Boek gekoop deur individu en gedeel met buurvrou/ vriendin/ skelmpie = 1 leser OP ‘n SLAG = 1 betaling aan uitgewer

❌1 x Boek gekoop deur individu en gedeel op Telegram/ Whatsapp = Duisende lesers = 1 betaling aan uitgewer

❌1 x Boek NIE GEKOOP NIE, slegs gedeel op Telegram/ Whatsapp = Duisende lesers = GEEN betaling aan uitgewer

Lees Madelie Human se plasing hier onder:

Ek is hartseer. Ek werk soms nagte deur aan my skryfwerk om ’n inkomste te verdien en dan word my boeke gesteel deur mense wat gewetenloos ander van hul swaarverdiende geld beroof. Kyk hier, so word my boeke op die steelgroepe geadverteer deur mense wat kastig ‘n diens lewer en boeke gratis aan honderde van hul lede versprei. As jy daarin deel, is jy ‘n dief net soos iemand wat inbreek met die doel om te roof. Besef julle nie julle is besig om ons taal en ons boekebedryf dood te wurg nie?? Skaam vir jou, Ansie en al jou honderde skelmagtige maters!! Pasop, die gereg gaan binnekort aan jou deur kom klop en dan gaan jy boet vir jou sondes. Dis nie moeilik vir die kuberspeurders om vas te stel presies wie jy is en waar jy woon nie.

BAIE DANKIE aan elke leser wat wel my boeke koop en betaal en my so help om te kan aanhou skryf.

Madelie Human Facebook-blad

https://www.gov.za/sites/default/files/gcis_document/201504/act-98-1978.pdf?fbclid=IwAR3su2H0SmhaV0tIo2X7rM3-elfxj1rgPARuTI9LpmAIUjf7POjByRQyBrE

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel