PUDIMOE, NOORDWES. – Thato Ralisite (2), die kleuter wat sedert Saterdag 19 Augustus 2023 vermis was, se liggaam is Dinsdagaand 22 Augustus omstreeks 18:00 in die Myra-woonbuurt gevind.
Kol. Adéle Myburgh sê die kleuter, wat verdwyn het terwyl sy in haar tante se erf gespeel het, se liggaam is deur ‘n verbyganger in ‘n veld gevind.
‘n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van haar dood vas te stel.
Die polisie het waardering teenoor die gemeenskap se hulp uitgespreek.
FiND iT het soos volg oor haar verdwyning berig:
PUDIMOE, NOORDWES. – Thato Ralesite (2) is sedert Saterdag 19 Augustus vanuit haar tante se erf in die Myra-woonbuurt waar sy gespeel het, vermis.
Kol. Adéle Myburgh sê sy was omstreeks 17:00 gesien, geklee in ‘n rooi sweetpak-bostuk met ‘n roomkleurige broek en pienk seilskoene.
Daar word sedertdien na die kleuter gesoek.
Enigiemand met inligting kan kapt. Obakeng Phirichwane van Pudimoe GKS by 060 967 3947 bel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



