Kimberley-blitspatrollielede geïdentifiseer

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY, NOORD-KAAP. – Konst. Okaetse Mandindi (35) en sers. Kedimetse Masilo (45) is geïdentifiseer as die twee Kimberley-blitspatrollielede wat Dinsdagoggend 22 Augustus 2023 deur ‘n beweerde verdagte doodgeskiet is.

Brig. Athlenda Mathe sê die oorledenes was op die spoor van ‘n gesteelde voertuig toe hulle glo deur die verdagte doodgeskiet is.

Sers. Masilo het ten tyde van haar dood 16 jaar diens gehad en konst. Mandini 11 jaar diens.

Genl. Fannie Masemola het polisielede vir die spoedige inhegtenisneming geprys en gesê geregtigheid sal seëvier. Hy het verder die versekering gegee daar sal aan ‘n waterdigte saak gewerk word om die skuldige se tronkstraf te verseker.

“The killing of these members happens a week before the commemoration of 34 members who died in the line of duty in the 2022/2023 financial year,” sê Masemola.

Luidens inligting wat FiND iT deurentyd van die toneel af ontvang het, het die beweerde gewapende verdagte, nadat hy glo die lede geskiet het, in die Diamond Pavillion Mall inbeweeg, waarna hy in hegtenis geneem is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel