KIMBERLEY NOORD-KAAP. – Die Valke het Woensdag 23 Augustus 2023 nege verdagtes wat van beweerde korrupsie met persoonlikebeskermingstoerustig beskuldig word met J50-arrestasie-lasbriewe, bedien en in hegtenis geneem.
Lt.kol. Tebogo Thebe sê die nege verdagtes, onder andere werknemers van die gesondheidsdepartement, word van bedrog, korrupsie, geldwassery en oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur beskuldig, wat tot ‘n verlies van R16 906 667.50 gelei het.
Die beskuldigdes is soos volg geïdentifiseer; dr. Dion Garvy Theys (56) tans die hoof van die gesondheidsdepartement en ten tyde van die misdaad die waarnemende rekenpligtige en ook onlangs skuldig bevind op ‘n ander saak van oortreding van die Wet op Openbare Finansiële bestuur, Daniel Mosimanigape (54) die hoof- finansiële beampte van die gesondheidsdepartement, Victor Nyokong (41) adjunk-direkteur van finansies.,Montgomery Lifa (39) en Siyabolela Booi (38) beide van aanbodvraagkettingbestuur, Goitemodimo Piet Moseki (50) en Dibueng Manyetsa (63) beide maatskappydirekteure en verbonde aan die seksie vir aanmeldbare siektes, Kanyaditswe Visser (44) direkteur van MKV-beleggings en ‘n regspersoon, en laastens Kelebogile Bogatso (58) direkteur van Stilofern (EDMS) Bpk.
Die Valke het voorheen ‘n bewaringsbevel vir ‘n luukse voertuig en ‘n stuk grond ter waarde van R5.3 miljoen wat met hierdie huidige saak gekoppel word, verkry.
Maj.genl. Stephen Mabuela sê: “Covid 19 related crimes gave South Africa a bad name domestically and internationally. The government has made a commitment to prosecute those involved. Our role as the Hawks is to properly investigate the allegations and bring matters to court. We remain undeterred.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



