VERULAM, KZN. – ‘n Man (24) is Dinsdagmiddag 22 Augustus 2023 in sy linkerbeen geskiet waar hy glo op die interseksie van Inanda- en Wickstraat gebedel het.
Reaction Unit South Africa sê hulle was omstreeks 19:07 op die toneel.
Die bedelaar het na bewering op soek na aalmoese tussen voertuie beweeg toe hy glo teen ‘n voertuigspieëltjie gestamp het. Die betuurder het ‘n vuurwapen te voorskyn bring en hom geskiet.
Die bestuurder het toe glo met sy voertuig van die toneel gevlug. Die voertuig kon nie beskryf word nie, maar die slagoffer het die vermeende skieter voorheen in die verkeer gesien.
Hy het op die toneel mediese hulp van brandbestryders ontvang en is daarna na ‘n hospitaal geneem.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



