ATTERIDGEVILLE, TSHWANE. – Twee kontrakwerkers is dood en minstens nog vier beseer toe ‘n brand by ‘n Zodwa-skool vir spesiale onderwysbehoeftes uitgebreek en ‘n gasontploffing veroorsaak het.
Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse onderwysdepartement, sê volgens inligting is mobliele klaskamers opgerig en ‘n gaslek is ondervind. ‘n Brand het uitgebreek en twee werkers in ‘n klaskamer vasgekeer. Die ander beseerdes is na ‘n mediese fasiliteit geneem.
Die brand word deur die polisie ondersoek. Sielkundiges staan die skool by.
Matome Chiloane, die LUR vir onderwys in Gauteng, sê: “We are shaken by this abrupt gas explosion that has stolen the lives of two employees at Zodwa LSEN School. We are deeply saddened by this loss and wish to extend our sincerest condolences to the affected families and school community at large. We also wish a speedy recovery to those employees who were injured by this incident.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



