@Mercy_Nous het haar tot TikTok gewend op soek na ‘n polisiebeampte op wie sy “verlief geraak” het.
Die video-opname waarin hy verskyn, is vermoedelik in Vosloorus geneem en haar plasing het viraal gegaan.
“I have never had a crush in my entire life, please don’t ruin it for me please, this is my crush hleng.”
Indien ‘n mooi persoon in uniform ook jou ding is, sal jy die kommentaar op hierdie plasing geniet.
Die kommentaar wissel van “why is that lady holding your man’s hand like that?” na “there’s no ring on his finger. FIND HIM,” “He can arrest me anytime,” asook “he is no0w all of ours….you have to share.”
Daar is selfs kommentaar wat sê die polisiebeampte is ‘n kollega. Op ‘n geslote vrouepolisiegroep is daar ook spottenderwys na hom gesoek.
FiND iT het verneem dat die gesoekte polisiebeampte wel van Pretoria is.
Dit lyk asof sy naam reeds in die kommentaar op die oorspronklike plasing verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



