Lees ook: Ses beskuldigdes in Babita Deokaran-saak pleit skuldig
ZWELITSHA, OOS-KAAP. – Ses mense is gister in hegtenis geneem op verskeie aanklagtes, insluitend bedrog en vervalsing.
Die ses het op 8 April 2015 by die departement van gesondheid begin werk na 730 poste vir agt distrikte geadverteer is.
Die vereiste was om ‘n matriekserifikaat in te dien, maar hulle het nie die oorspronklike sertifikate ingedien nie. Op 24 Maart 2022 is hulle gevra om hulle oorspronklike matrieksertifikate in te dien, wat hulle ook nie gedoen het nie.
Die departement het navorsing gedoen en uitgevind hulle het vervalste matrieksertifikate gebruik en die saak is by die Valke aangemeld. Die ondersoek het ook bevind die departement is met meer as R7.9 miljoen benadeel.
Die verdagtes sal vandag in die Zwelitsha-landdroshof hulle eerste verskyning maak.
Bronne: IOL, News365, VN Explorer
Lees ook: Ses beskuldigdes in Babita Deokaran-saak pleit skuldig



