Kelly Khumalo stel optredes uit

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Polisiebeampte in Senzo Meyiwa-moordverhoor sê hy is ‘moeg vir getuig’

Kelly Khumalo het haar optrede, Gospel Explosion, uitgestel te midde van die Senzo Meyiwa-moordverhoor.

Verskeie van Khumalo se optredes is gekanselleer vandat die moordverhoor weer verlede maand begin het. Maseru Park-fees en Tribute To Women-fees het haar optredes in die laaste paar weke gekanselleer.

Die organiseerders van die Tribute To Women-fees het gesê hulle het die kommentaar op sosiale media gesien en het besluit om haar optrede te kanselleer om hulle fees te beskerm. Hulle het ook gesê sy is onskuldig tot anders bewys word.

Senzo Meyiwa is in 2014 in Khumalo se huis in Vosloorus in ‘n beweerde rooftog doodgeskiet.

Bronne: IOL, Briefly, Head Topics, VN Explorer

Lees ook: Polisiebeampte in Senzo Meyiwa-moordverhoor sê hy is ‘moeg vir getuig’