Kinders kan wetlike aksie neem teen hulle boelies

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Donald Trump gaan homself oorhandig vir Georgia-saak

Volgens City Press kan kinders tussen die ouderdom van 10 tot 18 onder sekere omstandighede tronkstraf opgelê word vir boeliery.

Dit volg na verskeie hoërskoolleerlinge selfdood gepleeg het oor beweerde boeliery. Suid-Afrika het verlede jaar ’n wet aanvaar om boeliery uit skole te weer.

Die wet, die Kinderwet 38 van 2005, laat kinders toe om sake van boeliery na die hof te neem sodat hulle ondersteuning en beskerming kan kry om te keer dat hulle selfdood pleeg.

Die doel is ook om boelies te rehabiliteer, maar as hulle skuldig bevind word, kan tronkstraf kry. Hulle sal ’n kort vonnis ontvang en weggehou word van volwassenes.

Die Suid-Afrikaanse Skolewet kan meebring dat die staat en openbare skole verantwoordelik gehou word vir skade, beserings of verlies wat die slagoffer aan die hand van die boelie moes deurmaak.

Bronne: My BroadBand, News24, HeadTopics, Cape Talk

Lees ook: Donald Trump gaan homself oorhandig vir Georgia-saak