Steenhuisen skryf vir Ramaphosa oor raskwotas

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Boere ongelukkig oor ‘raskwotas’ vir water in Suid-Afrika

Die leier van die DA, John Steenhuisen het gesê hy gaan vir president Cyril Ramaphosa ‘n brief skryf oor die raskwotas.

Dit volg na Ramaphosa Sondag tydens sy toespraak by die United Democratic Front se 40ste bestaansjaarviering in Johannesburg erken het Indiërs, wit mense en kleurlinge voel uitgelaat uit die land se politieke sisteem. Hy het gesê Indiërs en kleurlinge voel uitgesluit van die beleidmakende strukture, terwyl wittes verkeerdelik voel daar is nie meer vir hulle plek in Suid-Afrika nie.

Steenhuisen het gereageer en gesê dit stel hom teleur. Hy het voorts gesê hy gaan vir Ramaphosa skryf en sê hy moet die nasionale minister van arbeid, Thulas Nxesi, beveel om sy teenstand van die DA se saak om die raskwotas as “ongrondwetlik” te verklaar, onttrek.

Hy het gesê hy gaan Ramaphosa sewe dae gee om op sy brief te antwoord. Die raskwotawet sal veroorsaak dat 600 000 wit mense, 85 000 kleurlinge en 50 000 Indiërs hulle werk sal verloor en dit net in Gauteng.

Bronne: IOL, Ghanamma, The Africa, VN Explorer

Lees ook: Boere ongelukkig oor ‘raskwotas’ vir water in Suid-Afrika