Sam Asghari skei Britney Spears glo na sy ‘messe teen die mure gooi’

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Britney Spears en haar man gaan glo skei

VSA. –  Sam Asghari en Britney Spears gaan skei na net 14 maande as ’n getroude paar. Asghari het Woensdag die egskeidingproses begin.

Volgens hofdokumente het Asghari gevra Spears moet hom onderhou en vir sy prokureurskostes betaal. Hy het ontken dat hy die voor-huwelikse ooreenkoms wat hulle geteken het om haar bates te beskerm, gaan teenstaan.

Bronne na aan die paar het beweer Asghari skei Spears oor haar wisselvallige gedrag. Hulle beweer ook sy het messe teen die mure gegooi en in die banke weggesteek.

Bronne: IOL, Koimoi, BBC

Lees ook: Britney Spears en haar man gaan glo skei