Lees ook: Koning Charles gee glo Harry en Meghan se VK-huis vir prins Andrew
VK. – Die paleis is bekommerd dat koning Charles ongemaklike vrae gaan moet beantwoord oor prins Andrew (63) se verlede met Jeffrey Epstein, selfs al sê die prins sy vriendskap met Epstein is in 2010 beëindig.
‘n Paleisbron het aan The Sunday Times gesê: “Dit voel of nog goed gaan uitkom. Daar is nog bomme wat gaan ontplof”.
Andrew moes in 2019 van sy rol as ‘n werkende koninklike afstand doen na ‘n onderhoud op BBC oor sy vriendskap met Epstein. Die koning het gesê hy het geen begeerte om hom “uit die vrieskas” te haal nie.
Nog ‘n bron het gesê Andrew is “’n meer langtermyn probleem as Harry en Meghan”.
Bronne: IOL, Toronto Sun, The Africa
Lees ook: Koning Charles gee glo Harry en Meghan se VK-huis vir prins Andrew



