‘Gesteelde koper’ ter waarde van R6 miljoen onderskep

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN, KZN. – Beide ‘n sleepwa en vraghouer met koper ter waarde van R6 miljoen is op 16 Augustus 2023 in Maydon Wharf as gesteel aangemeld, waarna die polisie drie verdagtes aangekeer het.

Kol. Robert Netshiunda sê na bewering het die bestuurder op die betrokke dag die vragmotor van ‘n terminaal in Bremenstraat, Bayhead, in ontvangs geneem. Die vragmotor is later sonder die bestuuder, sleepwa en vraghouer verlate in Sharkmesherstraat gevind.

‘n Saak is by die polisie aangemeld, inligting is ingesamel, waarop die polisie die sleepwa en vrag op ‘n plaas in Bishopstowe in Pietermaritzburg opgespoor het.

Die drie verdagtes verskyn vandag in die Pietermaritzburg-hof.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel