Wêreld se hoogste gebou gemaak uit ‘dagga’ maak binnekort in Kaapstad oop

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Donald Trump se prokureurs stel 2026 voor vir verkiesingverhoor

KAAPSTAD: Die wêreld se hoogste hennep-betongebou gemaak uit industriële hennep (hemp) sal binnekort in Kaapstad oopmaak.

Die hotel met twaalf vloere het 54 kamers met die mure gebou uit boustene gemaak uit hennep en geformuleerde kalk i.p.v. sement.

Die hennep-boustene is bekend vir hulle isoleervermoë, brandbestandheid en omgewingsvriendelikheid. Hierdie blokke is goed bestand teen skimmel en brande.

Die gebou behoort teen die einde van die jaar klaar te wees en reg te wees om in gebruik geneem te word.

Bronne: IOL, BusinessTech, Biz Community

Lees ook: Donald Trump se prokureurs stel 2026 voor vir verkiesingverhoor