Lees ook: Polisiebeampte sê daar was twee koeëlgate op Senzo Meyiwa-moordtoneel
ITALIE. – ‘n Groep jong Duitse toeriste het ‘n 150 jaar oue standbeeld by ‘n villa in Italië gebreek. Van hulle het in ‘n fontein geklim om die Domina-standbeeld deur Enrico Butti te druk.
Die standbeeld is met ‘n stok gestoot en dit het omgetuimel en stukkend geval. Teen die tyd dat die skade ontdek is, het die groep reeds Italië verlaat, maar die voorval is op kamera vasgevang, wat hulle misdrywe bewys. Toe hulle aangesê is om die skade te betaal, was hulle van mening die standbeeld is van sand gemaak en het ‘n klein bedrag aangebied om dit te laat regmaak.
Die eienaar het egter ‘n klag van vandalisme by die polisie gaan maak teen al 17 lede van die toeristegroep wat die villa gehuur het. Hulle sal aanspreeklik gehou word vir die volle koste van die restourasieproses.
Bronne: IOL, The Independent, Euronews
Lees ook: Polisiebeampte sê daar was twee koeëlgate op Senzo Meyiwa-moordtoneel