PARYS, VRYSTAAT. – Die naakte liggaam van ‘n onbekende vrou, vermoedelik in haar 30’s, is Maandag 14 Augustus 2023 langs die N1 in ‘n veld gevind.
Sers. Jospephine Rani sê boere was besig om ‘n brand te blus toe hulle op die liggaam met sigbare beserings aan die bene afgekom het.
Enigiemand wat inligting het om die oorledene se naasbestaandes op te spoor, word vesoek om adjudant-offisier Venter, wat die geregtelike doodsondersoek behartig, by 082 554 3041 te kontak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



