Angie Oeh oorlede

Deel hierdie storie / Share this story

PRETORIA. – Angie Oeh (24), kletsrymer van Pretoria, is Saterdag 19 Augustus om 17:24 in die Life Wilgers-hospitaal se waakeenheid oorlede.

Angelique Greeff het onlangs op sosiale media bekend gemaak sy is op 14 Augustus 2023 met fase-4 longkanker gediagnoseer.

Die volgende plasing is op haar Facebook-blad gedeel:

Angie is op 13 Augustus by Life Wilgers hospitaal in Pretoria opgeneem waar sy om 17:24 op Saterdag 19 Augustus dood verklaar is.

Sy is op Maandag 14 Augustus 2023 met fase 4-longkanker gediagnoseer en na ’n noodoperasie op Dinsdag 15 Augustus het sy die daaropvolgende Donderdag met chemoterapie begin.

Na die tweede chemosessie op Vrydag 18 Augustus het sy begin sukkel met lae suurstofvlakke in haar bloed en is sy in die hospitaal se waakeenheid opgeneem. Daar is alles moontlik gedoen om haar te stabiliseer, maar ongelukkig het dinge net nie beter gegaan nie en het haar organe begin ingee.

Haar meisie @jvanderweezy , ma, @peachvanpletzen (vriend en musiek-medewerker) en ander familie was by haar in haar laaste oomblikke.

Maandag 14 Augustus het Angie se bestuurspan ’n @backabuddy geloods om te help met al die mediese kostes. Die ondersteuning van mense uit alle oorde was oorweldigend, en die oorspronklike doelwit van die insameling van R 250k is binne 48 uur bereik.

Baie dankie aan almal wat die @backabuddy geondersteun het. Daar is nog ’n klomp rekeninge wat betaal moet word, maar die oorweldigende ondersteuning het vir Angie ook baie met haar gemoed gehelp tydens haar kankerstryd.

Ook baie dankie aan die verpleegpersoneel by Life Wilgers wat so mooi na Angie in haar laaste oomblikke gekyk het.

Angie het al in 2019 begin om musiek te skryf, te vervaardig en dit onafhanklik vry te stel. Maar dit was eers in Desember 2021 toe sy haar eerste Afrikaanse liedjie, “Dis jou wyfie” vrystel, dat mense van haar bewus geraak het. Met “Dis jou wyfie” was haar klank vars en uniek en sy is gekroon as die eerste Afrikaanse mompel-rymkletser.

Angie se musiek was nie net mooi deuntjies nie, dit was ook vir haar ’n vehicle om haar sê te sê, om mense te probeer bewus maak van issues en om dinge te probeer verander. Vir die eerste keer in ’n lang tyd was daar weer iets in Afrikaans wat mense en die kultuur uitgedaag het om te groei.

As ’n openlike gay vrou wou sy vroueregte bevorder en ook belig hoe die samelewing teen vroue, klas en ras diskrimineer. Sy was vreesloos in hierdie missie en het baie teenstand daarvoor gekry, maar dit het haar nie gestop nie.

Francois van Coke en Valkie van Coke het met Facebook-plasings die nuus gedeel dat sy oorlede is.

FiND iT voorheen soos volg berig:

PRETORIA. – Angie Oeh (24), oftewel Angelique Greeff, het op sosiale media bekend gemaak sy is met fase-4 longkanker gediagnoseer.

Volgens haar plasing en BackaBuddy-profiel is sy op 14 Augustus 2023 gediagnoseer. Intussen gons sosiale media van bekendes wat hulp vra en ondersteuning bied vir Angie wat eers ‘n operasie moet ondergaan en dan ses maande se chemoterapie moet ontvang.

Sy word vandag geopereer.

Lees ‘n gedeelte van haar plasing (geredigeer) hier onder:

vandag is ek gediagnosed

met stage 4 long kanker

ek’s bang

eks so ****** bang

elke keer as ek net n klein tydtjie het om te dink huil ek soos ‘n ********

hoe de **** gebeur so iets so vinnig sonder dat jy weet of dit voel

nou is ek so siek ek moet iemand vra om vir my n waterbottel aan te gee wat reg langs my staan

eks ********* 24

môre moet ek ‘n life changing operation kry en na dit 6 maande se chemo

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel