Umhlanga Scuba het ‘n video op sosiale media gedeel waar verskeie spesies haaie aan ‘n boggelrugwalvis (humpback) vreet.
Volgens ‘n berig van East Coast Radio is swem by verskeie strande in die Umhlanga-area tydelik verbode.
Daar word versoek strandgangers moet uiters versigtig wees.
Raadslid Nicole Bollman het in ‘n Facdebook-plasing gesê die karkas van ‘n walvis het Dinsdag 15 Augustus omstreeks 19:00 op die strand uitgespoel. Sy het Donderdagmiddag in nog ‘n plasing bevestig die karkas is suksesvol verwyder en begrawe.
Bronne: East Coast Radio en Umhlanga Scuba
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



