Toks ‘n Tjops-sjef aan’t herstel na motorfietsongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

Tommy Dickson, oftewel Sjef Vaatjie, was Sondag 13 Augustus 2023 in ‘n motorfietsongeluk, of soos hy dit stel ‘n “klein ongelukkie” betrokke.

Hy het ‘n foto van hom in die hospitaal op sy Facebook-blad gedeel en gesê dat hy reeds aan’t herstel is.

“Net ‘n vinnige update – ek was in ‘n klein ongelukkie, maar ek is op die herstelpad en sterk aan. Binnekort is ek weer agter my braai met nog avonture om te deel. Dankie vir al die ondersteuning, en sien julle binnekort weer saam met die vonke en rook op my gunstelingplek agter die kole!.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel