Gesoekte verdagtes in meer as 50 sake van voertuigsmokkel en ‘n moord in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

UMKHANYAKUDE, NORTHERN KZN. – Thokozani Dlamini (36), Sipho Mhlanga (36) en Xolani Mkhwanazi is hiedie week tydens ‘n operasie in Empangeni in hegtenis geneem. Die trio word glo reeds aan ten minste 52 “kapingsake” verbind.

Brig. Athlenda Mathe sê die drie mees gesoektes wat vasgetrek is, is glo deel van ‘n sindikaat wat voertuie van oor die grens na Mosambiek smokkel. Twee van hulle word boonop van die moord op Juda Mthetwa wat ‘n welbekende teen-misdaad-aktivis was, beskuldig.

Mthetwa is gedurende Februarie buite sy huis doodgeskiet.

Twee ongelisensieerde pistole en ammunisie wat in hul besit gevind is, is vir ballistiese toetse gestuur om vas te stel of hulle met ander misdaadpleging verbind kan word.

Die trio het reeds in landdroshowe in Empangeni, Emanguzi en Ngwelezane verskyn vir klagtes van moord, ontvoering, kaping, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, asook huisroof.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel