NDWEDWE, KZN. – Die liggaam van ‘n vroulike tradisionele geneser (66) oftewel ‘n sangoma, is Vrydag 18 Augustus 2023 gedeeltelik onthoof in ‘n voetpaadjie, wat na ‘n rivier lei, in Ncwazune gevind.
Reaction Unit South Africa is omstreeks 10:06 deur inwoners vir hulp ontbied. ‘n Diep sny was aan die agterkant van haar nek waarneembaar.
Familielede het te kenne gegee sy het die vorige dag die huis verlaat om water te gaan haal. ‘n Soektog is Vrydagoggend geloods, waarna haar liggaam gevind is.
Die motief vir haar moord is onbekend.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



