Irene-Louise van Wyk, SA-sangeres, het op sosiale media aangekondig dat haar pad met dié van haar man Nick du Preez, van wie sy reeds nege maande vervreem is, gaan skei. Egskeidingsprosedures is reeds aan die gang.
Die paartjie, wat op 30 September 2018 getroud is, se dogter Kelsey is in 2019 gebore.
Sy het gevra dat aanhangers hulle privaatheid gun om die situasie te hanteer.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



