Mees gesoekte hamer-bende ‘vasgetrek’

Deel hierdie storie / Share this story

THABONG, VRYSTAAT. – Drie buitelandse burgers en een Suid-Afrikaner is na ‘n wenk op 18 Augustus 2023 omstreeks 10:15 vir verskeie misdade in ‘n huis in Gugulethu vasgetrek.

Kapt. Stephen Thakeng sê ‘n teen-bende-operasie onder leiding van kapt. Freddie Deysel het tot sukses gelei toe die verdagtes, wat na bewering vir besigheidsinbrake verantwoordelik is, in hegtenis geneem is. Die modus operandi is om deur die mure van ‘n besigheid met hamers te dring om sodoende toegang tot die perseel te verkry.

Die polisie het op onder meer 4.2 kg gouddraende materiaal, kontant en twee hamers beslag gelê.

Die verdagtes sal na verwagting Maandag 21 Augustus in die Welkom-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel