INANDA, KZN. – ‘n Huilende minderjarige meisie (12) wat glo van haar oom wat haar verkrag op vlug was, is gister deur hoërskoolleerlinge in ‘n taxi ontdek.
Reaction Unit South Africa sê die meisie is nie by binnelandse sake geregistreer nie en gaan dus nie skool toe nie. Die ouer leerlinge het haar van die taxi gehaal en hulp gevra.
Tydens ondervraging het sy gesê haar ma woon by haar kêrel in Redcliffe en sy noodgedwonge by haar oom. Sy is glo verskeie kere verkrag en haar ma wou eers nie optree nie, maar is later met haar polisiestasie toe. Sy is ook reeds deur die distriksgeneesheer ondersoek. Haar ma het haar egter Woensdag na die oom teruggeneem.
Sy is glo weer verkrag, waarna sy haar goed gepak het en na haar oupa se huis toe is. Sy het die volgende oggend besluit om met geld wat haar oom aan haar gegee het met ‘n taxi na haar ma in Verulam te gaan. Sy is glo met die dood gedreig indien sy iemand van die beweerde verkragtings sou vertel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



