N3 SNELWEG, KZN. – ‘n Konstruksiewerker, vermoedelik in sy 40’s, is Woensdag 16 Augustus 2023 oorlede nadat hy op die N3 naby Camperdown-afrit deur ‘n band getref is.
Mi7 National Group sê paramedici is net voor 13:00 na die toneel ontbied. Die kritiek beseerde konstruksiewerker het reeds aan sy beserings gesterf en is op die toneel dood verkrlaar.
Getuies het vertel ‘n vragmotor het ‘n band verloor toe dit verby die konstruksie-area beweeg het. Die man is deur die band getref.
Die insident word deur die polisie ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



