Blitspatrollielede in hegtenis een op vrye voet

Deel hierdie storie / Share this story

WITRIVIER, MPUMALANGA. – Twee lede van die blitspatrollie is vasgetrek, terwyl nog een op vrye voet is. Die lede het na bewering Donderdagaand 17 Augustus 2023 omstreeks 22:30 wapens en plofstof in ‘n gemerkte blitspatrollievoertuig, vervoer.

Brig. Selvy Mohlala sê die vrag is glo deur die betrokke blitspatrollielede opgelaai. Hulle was van Schoemansdal na Kanyamazane onderweg toe hulle by Kaalrug naby Malelane in hegtenis geneem en een gevlug het.

Lede wat die inligting opgevolg het, het die lede met die blitspatrollievoertuig probeer stop, maar hulle het weggejaag en hul vrag in ‘n suikerrietland gegooi. Daar is weer sonder sukses probeer om hulle te stop, waarna die opsporingspan na die voertuig se wiel geskiet het om dit tot stilstand te dwing.

‘n Konstabel is dadelik in hegtenis geneem. ‘n Sersant is vanoggend vasgetrek waar hy langs die pad geskuil het. Beide sal Maandag 21 Augustus in die Malelane- periodieke hof verskyn vir aanklagte van die onwettige besit van vuurwapens en ammunusie asook oortreding van die wet op plofstof. Meer klagtes kan bygevoeg word.

Die polisie-ondersoek duur voort. Daar word ook na die vlugtende lid gesoek. Daar is op ses gewere, twee pistole, ‘n sak plofstof, ‘n plofstofkabel en ‘n plofstofbattery beslag gelê.

Die volgende inligting is deur Arrive Alive geplaas:

Report compiled by Nelspruit SOCI. 

Mpumalanga Province:
– Pienaar District 
– Malelane SAPS 

2.Arrest of SAPS (Flying Squad) member. Seizure of firearms/ammunition and explosives. 

3.Synopsis:
On Thursday 2023-08-17 members of Provincial Organize crime received information that a Flying Squad vehicle was transporting firearms and ammunition in a marked police vehicle. The Flying Squad BMW with three members were located on the N4. A high speed chase ensued on the Kaalrug road.Detectives noted that bags were thrown out of the police vehicle. When the Flying Squad vehicle refused to stop,shots were fired at the vehicle, the rear window was shot out and the vehicle came to a standstill. All three members jumped out of the motor vehicle and ran into the field.They were chased and one sergeant was arrested. 

In the bags six assault rifles and one 9mm Vector pistol were recovered. The rifles consist of the following:
– Three AK 47 rifles 
– One R5 rifle 
– One Dashprot rifle 
– One DM 4 rifle. 

The 9mm Vector pistol still had its serial number on,it was found that this pistol was stolen during the CIT at Malelane on 2023-08-11,as per Malelane CAS 21/04/2023.
Twelve magazines for the different rifles recovered. All magazines full of ammunition. 

Explosives found,including detonator cord and other explosive material found.

Provincial Commisioner and Pienaar District commanders on were on the scene.

Units on scene:
– Nelspruit SOCI 
– Provincial Organize crime members. 
– Malelane SAPS 
– Nelspruit LCRC 
– Nelspruit Bomb Disposal unit. 
– Malelane CAS to be registered.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel