Kyk: Man fnuik ‘kaper’ en gooi voertuigsleutel op dak

Deel hierdie storie / Share this story

Yususf Abramjee het ‘n CCTV-video-opname op sosiale media gedeel waarin gesien word hoe drie dames vir ‘n voertuig in ‘n parkeerarea wag. ‘n Manspersoon klim uit en groet die dames terwyl hy die deur oop laat en ‘n dame bagasie in die kattebak sit.

In die agtergrond laai ‘n motorvoertuig ‘n vermeende verdagte af wat die hek net-net keer om toe te gaan en ry dan weg. Hy kom na die passasiersdeur toe gehardloop waarna die manspersoon instinktief die voertuig se sleutel op ‘n dak gooi.

Dit is duidelik die verwarde vermeende kaper het nie ‘n idee wat om te doen nie en hardloop besluiteloos, kom terug, rig “iets” wat soos ‘n vuurwapen lyk in die rigting van die bestuurder en vlug dan by die hek uit voor dit toegaan.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel