VRYSTAAT. – Twee broers, onderskeidelik 35 en 27 jaar oud, is vir die verkragting van hul suster (10 ten tyde van die misdade) in die Botshabelo-streekshof, gevonnis.
Sers. Mahlomola Kareli sê die 10-jarige slagoffer het saam met haar volwasse broers by haar ouma gewoon. Gedurende Februarie 2019 het sy vir twee vriende vertel hoe haar broers haar verkrag het. Die oudste het haar met die dood gedreig en sy het niemand vertel nie. Die jonger broer het haar ook verkrag.
Sy het beide die voorvalle aan haar onderwyseres en ‘n maatskaplike werker gerapporteer wat die klagte namens haar by Botshabelo-polisiestasie aangemeld het. Die broers is in hegtenis geneem en hul suster is aan mediese toetse onderwerp.
Die ondersoek is deur Selosesha-GKS oorgeneem, waarna die broers skuldig bevind is en die ouer broer 15 jaar tronkstraf en die jonger broer 20 jaar tronkstraf opgelê is.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



