HAMMANSKRAAL. – Johannes Matshe (30), ‘n werknemer van ‘n land-eienaar, is Sondagaand 13 Augustus 2023 (presiese tyd onbekend) in Dinokeng-wildreservaat in Hammanskraal in die noorde van Pretoria deur leeus aangeval, waarna hy sy lewe verloor het.
Hartogh Streicher, voorsitter van Dinokeng Management Association, sê in ‘n verklaring Matshe het na donker, te voet in die wildreservaat beweeg, wat teenstrydig is met die regulasies.
Op Maandag 14 Augustus om 10:37 het die span wat die heinings versorg op die menslike oorblyfsels afgekom.
Volgens die verklaring het die operasionele bestuurder die onnatuurlike sterfte bevestig en die SAPD verwittig.
Daar is vir ‘n permit aansoek gedoen om die drie leeus uit te sit.
Kol. Dimakatso Nevhuhulwi sê Hammanskraal doen ‘n geregtelike doodsondersoek.
FiND iT is in besit van die foto’s van die oorledene se oorblyfsels.
Lees die volledige verklaring hier onder:


Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



