Elon Musk sê Mark Zuckerberg het aanbod om in Colosseum te baklei van die hand gewys

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Elon Musk en Mark Zuckerberg se hokgeveg ‘sal plaasvind’

VSA. – Elon Musk (52) het in ’n plasing op X gesê Mark Zuckerberg het ’n aanbod om teen hom in die Colosseum in Rome te baklei van die hand gewys.

Musk het gesê Zuckerberg is die een wat huiwerig is oor hulle hokgeveg. Musk het in die plasing op X gesê Zuckerberg het geweier om in die Colosseum te baklei en het gesê hy is dan op reis toe Musk Zuckerberg se huis as “veilige spasie” voorstel.

Zuckerberg het voorheen gesê dit is Musk wat die hokgeveg bly uitstel en het op sy sosialemediaplatform, Threads gesê hy gaan fokus daarop om teen mense wat ernstig is oor die sport te kompeteer.

Bronne: BANG Showbiz, TMZ, The US Sun

Lees ook: Elon Musk en Mark Zuckerberg se hokgeveg ‘sal plaasvind’