Elon Musk en Mark Zuckerberg se hokgeveg ‘sal plaasvind’

Deel hierdie storie / Share this story

VSA. – Elon Musk het bevestig die hokgeveg tussen hom en Mark Zuckerberg sal gebeur. Dit volg na verskeie berigte waarin Zuckerberg gesê het mense moet aanbeweeg, want Musk is nie ernstig nie.

Musk het gesê hy het na Zuckerberg se huis gery om die detail vir die hokgeveg te bevestig. Musk het vroeër die maand gesê hy is van plan om in Rome teen Zuckerberg te baklei. Die inkomste van die geveg sal na ‘n liefdadigheidsorganisasie gaan.

Hy het ook gesê die geveg sal beskikbaar wees op X.

Bronne: Bang Showbiz, Bol News, Yahoo

Lees ook: Elon Musk en Mark Zuckerberg se geveg sal regstreeks op X beskikbaar wees